My droom en visie vir 2019 is dat elke kind sy of haar volle potensiaal sal bereik in die klaskamer, op die sportveld en op kultuurgebied. Ek hoop dat elke onderwyser sy of haar passie kan uitleef en ‘n verskil in kinders se lewens sal maak. Ek wens dat elke ouer tyd sal maak vir hul kinders, aan hul waardes en beginsels sal leer en dat hul in vennootskap saam met die onderwysers sal werk. Dankie aan almal wat reeds ‘n verskil maak, want die toekoms is in ons hande. Voorspoed vir 2019.